Skip to content

Afrikaanse Kers | Safari

R 499.00

Tax calculated at checkout. Shipping calculated at checkout.

Only 2 left at this price

In stock

Description

Afrikaanse Kers (Safari).

Voordat ek nog behoorlik verstand gehad het, was ek op my heel eerste safari. Maar nie die tradisionele Kruger wildtuin safari of fancy lodges waar jy vlenters gerookte springbok uit 'n eierkeltjie eet en met 'n watersak op jou skoot in die aande en vroeg oggende wild uit die veiligheid van toyota cruiser besigtig nie. Nee, my safaris was in die Vrystaat, agterop 'n hilux bakkie waar jy vasklou vir jou lewe wanneer die wiele wegsak in 'n erdvarkgat en die yskoue wind sy trane teen jou wange laat afrol. Springbokke, rooihartbeeste, blouwildebeeste, kudus, gemsbokke, springbokke, rooikatte, ystervarke, meerkatte, hase en rooijakkalse...DIT was my safari.

Hierdie kers is ideaal vir liefhebbers wat hou van 'n skoon, vars reuk

Produk Informasie

Hierdie geur is ideal vir liefhebbers van vars geure - dit ruik kompleet soos die nat, vars lug van die veld. Absoluut perfek as geskenkie vir iemand wat lief is vir ons pragtige land se groot verskeidenheid wild!

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• Brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure

• Handgemaakte sojawaakers, met trots vervaardig in Suid-Afrika

• Was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

Trots Suid-Afrikaans | Handgemaak | 100% Sojawas | Klein Hoeveelhede | Eienaar Bedryf | Handgemerk en Verpak

Your cart (0)

Your cart is empty

Nothing here yet. Browse the shop and add something you love.

Browse the shop
Subtotal R 0.00

Tax and shipping calculated at checkout.

Loading…