Skip to content

Afrikaanse Kers | Desember Vakansie

R 499.00

Tax calculated at checkout. Shipping calculated at checkout.

Only 2 left at this price

In stock

Description

Afrikaanse kers (desember vakansie).

Is ons al daar? Ma, sê vir johan hy moet aan sy kant bly sit, hy lê oor my! Draai op die venster nina! …en dan, na ‘n 1000km se ry sien jy die kurwe van die skiereiland, die spierwit huisies, die eindelose duine. Tyd om die venster oop te draai (ja nina, nou mag jy) en te kyk wie ruik eerste die see. Almal pak uit in ‘n lang ry van die kar tot by die voordeur. “ma, johan dra niks!“ ‘n paar uur later sit jy voor die knetterende braaivleisvuur wat om die beurt met brekende branders begin stories vertel. Jy neem jou eerste slukkie wyn en sak dieper in jou stoel…uiteindelik is dit desember vakansie... Jy maak jou oë toe en jy ruik die sout van die see!

Produk Informasie

Hierdie geur is ideaal vir liefhebbers van vars geure - dit ruik kompleet soos die vars lug van die see. Absoluut perfek as geskenkie vir iemand wat 'n huisie by die see het, of net bloot 'n sagte plekkie in hul hart koester vir die prag van die kus.

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• Brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure

• Handgemaakte sojawaakers, met trots vervaardig in Suid-Afrika

• Was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

Trots Suid-Afrikaans | Handgemaak | 100% Sojawas | Klein Hoeveelhede | Eienaar Bedryf | Handgemerk en Verpak


Your cart (0)

Your cart is empty

Nothing here yet. Browse the shop and add something you love.

Browse the shop
Subtotal R 0.00

Tax and shipping calculated at checkout.

Loading…