Skip to product information
1 of 8

Brink of Touch Candle Company

afrikaanse kers | desember vakansie

Regular price R 499.00 ZAR
Regular price Sale price R 499.00 ZAR
Sale Sold out

afrikaanse kers (desember vakansie).

is ons al daar? Ma, sê vir johan hy moet aan sy kant bly sit, hy lê oor my! draai op die venster nina! …en dan, na ‘n 1000km se ry sien jy die kurwe van die skiereiland, die spierwit huisies, die eindelose duine. tyd om die venster oop te draai (ja nina, nou mag jy) en te kyk wie ruik eerste die see. almal pak uit in ‘n lang ry van die kar tot by die voordeur. “ma, johan dra niks!“ ‘n paar uur later sit jy voor die knetterende braaivleisvuur wat om die beurt met brekende branders begin stories vertel.  jy neem jou eerste slukkie wyn en sak dieper in jou stoel…uiteindelik is dit desember vakansie... jy maak jou oë toe en jy ruik die sout van die see!


produk informasie

hierdie geur is ideal vir liefhebbers van vars geure - dit ruik kompleet soos die vars lug van die see. absoluut perfek as geskenkie vir iemand wat 'n huisie by die see het, of net bloot 'n sagte plekkie in hul hart koester vir die prag van die kus.

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure 

• met trots handgemaak in bloemfontein

• was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak


shipping & returns

all our local orders are shipped door to door with the courier guy.

our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier. 

get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa. 

Care Instructions