Skip to product information
1 of 4

Brink of Touch Candle Company

afrikaanse kers | melktert

Regular price R 499.00 ZAR
Regular price Sale price R 499.00 ZAR
Sale Sold out

afrikaanse kers (melktert). 

my ma kan melktert bak, maar sy kies geen langpad kors wat soos marie antoinette se kraag uitpof nie, nee, sommer ‘n gewone smeerkors. my ma is ook nie ‘n vrou wat bankvas agter haar kook vernuf staan nie. sy twyfel en gooi maar al te gereeld klippers na dit wat sy in die kombuis aanvang…dis jammer. maar daar is een ding wat al vir jare my ma se grys-blou oë laat vonkel. wanneer sy ons vertel dat sy in plaas van vanilla, amandel geursel in haar tert gooi. die groot geheim, die plastiek flessie met sy 20ml “essence”. ‘n magiese toevoeging. en so het dit ook vir my, haar essence geword. haar joan of arc verset teen die norm. wanneer ek kaneel ruik en my eerste happie van daardie heerlike louwarm soet melkpap neem, proe ek ‘n my ma in amandel.

 

hierdie kers is ideaal vir liefhebbers van kaneel en vanilla. 

 

produk informasie

hierdie geur is ideal vir liefhebbers van vars geure - dit ruik kompleet soos die vars lug van die see. absoluut perfek as geskenkie vir iemand wat 'n huisie by die see het, of net bloot 'n sagte plekkie in hul hart koester vir die prag van die kus.

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure 

• met trots handgemaak in bloemfontein

• was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak

shipping & returns

all our local orders are shipped door to door with the courier guy.

our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier. 

get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa. 

Care Instructions