Skip to content

Afrikaanse Kers | Melktert

R 499.00

Tax calculated at checkout. Shipping calculated at checkout.

Only 3 left at this price

In stock

Description

Afrikaanse Kers (melktert).

My ma kan melktert bak, maar sy kies geen langpad kors wat soos marie antoinette se kraag uitpof nie, nee, sommer ‘n gewone smeerkors. My ma is ook nie ‘n vrou wat bankvas agter haar kook vernuf staan nie. Sy twyfel en gooi maar al te gereeld klippers na dit wat sy in die kombuis aanvang…dis jammer. Maar daar is een ding wat al vir jare my ma se grys-blou oë laat vonkel. Wanneer sy ons vertel dat sy in plaas van vanilla, amandel geursel in haar tert gooi. Die groot geheim, die plastiek flessie met sy 20ml “essence”. ‘n magiese toevoeging. En so het dit ook vir my, haar essence geword. Haar joan of arc verset teen die norm. Wanneer ek kaneel ruik en my eerste happie van daardie heerlike louwarm soet melkpap neem, proe ek ‘n my ma in amandel.

Hierdie kers is ideaal vir liefhebbers van kaneel en vanilla.

Produk Informasie

Hierdie geur is ideal vir liefhebbers van vars geure - dit ruik kompleet soos die vars lug van die see. Absoluut perfek as geskenkie vir iemand wat 'n huisie by die see het, of net bloot 'n sagte plekkie in hul hart koester vir die prag van die kus.

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• Brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure

• Handgemaakte sojawaakers, met trots vervaardig in Suid-Afrika

• Was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

Trots Suid-Afrikaans | Handgemaak | 100% Sojawas | Klein Hoeveelhede | Eienaar Bedryf | Handgemerk en Verpak

Your cart (0)

Your cart is empty

Nothing here yet. Browse the shop and add something you love.

Browse the shop
Subtotal R 0.00

Tax and shipping calculated at checkout.

Loading…