Skip to product information
1 of 4

Brink of Touch Candle Company

afrikaanse kers | koffie en beskuit

Regular price R 499.00 ZAR
Regular price Sale price R 499.00 ZAR
Sale Sold out

afrikaanse kers (koffie en beskuit).

die sifdeur slaan toe…kap kap kap, stil. ma het reeds die hoenders gevoer. half wakker sleep jy die stoel uit. jy vou jou hande om die warm beker. die geurige stoom breek soos branders in jou neusgate… sjokolade,kruie, grondagtig. jy neem die growwe beskuit, laat sak dit stadig in die beker…. dit suig gulsig die koffie op. jy haal dit net betyds uit voor dit te sag raak en verbrokkel. na jou eerste hap en slukkie sien jy deur die kombuis venster hoe die son agter die koppie opkom.

 

produk informasie

hierdie geur is ideal vir liefhebbers van geure wat hulle laat huistoe verlang.  lieflike koffie en karamel aromas vul die lug wanneer hierdie kers brand, en sal jou kompleet laat voel asof jy snoesig in 'n koffiewinkel sit met jou hande wat die koffiebeker styf omvou.

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure 

• met trots handgemaak in bloemfontein

• was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak

shipping & returns

all our local orders are shipped door to door with the courier guy.

our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier. 

get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa. 

Care Instructions