Skip to content

Afrikaanse Kers | Koffie en Beskuit

R 499.00

Tax calculated at checkout. Shipping calculated at checkout.

Only 3 left at this price

In stock

Description

Afrikaanse Kers (koffie en beskuit).

Die sifdeur slaan toe…kap kap kap, stil. Ma het reeds die hoenders gevoer. Half wakker sleep jy die stoel uit. Jy vou jou hande om die warm beker. Die geurige stoom breek soos branders in jou neusgate… sjokolade,kruie, grondagtig. Jy neem die growwe beskuit, laat sak dit stadig in die beker…. Dit suig gulsig die koffie op. Jy haal dit net betyds uit voor dit te sag raak en verbrokkel. Na jou eerste hap en slukkie sien jy deur die kombuis venster hoe die son agter die koppie opkom.

Produk Informasie

Hierdie geur is ideal vir liefhebbers van geure wat hulle huistoe laat verlang. Lieflike koffie en karamel aromas vul die lug wanneer hierdie kers brand, en sal jou kompleet laat voel asof jy snoesig in 'n koffiewinkel sit met jou hande wat die koffiebeker styf omvou.

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• Brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure

• Handgemaakte sojawaakers, met trots vervaardig in Suid-Afrika

• Was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

Trots Suid-Afrikaans | Handgemaak | 100% Sojawas | Klein Hoeveelhede | Eienaar Bedryf | Handgemerk en Verpak

Your cart (0)

Your cart is empty

Nothing here yet. Browse the shop and add something you love.

Browse the shop
Subtotal R 0.00

Tax and shipping calculated at checkout.

Loading…