Skip to product information
1 of 4

Brink of Touch Candle Company

afrikaanse kers | ingelegde perskes

Regular price R 499.00 ZAR
Regular price Sale price R 499.00 ZAR
Sale Sold out

afrikaanse kers (ingelegde perskes).

ek luister hoe die voordeur toe gaan. ma is oppad na die kerkraads vergadering. ek weet dit beteken dat sy minstens 1 en ‘n half uur weg van die huis is. die probleem is katie, ons huishulp. sy loop soos ‘n trapsuutjie. maar ek weet ook sy stryk hierdie tyd van die dag. ek skraap dus my moed bymekaar en sluip die spens binne. heel bo op die hout rakke wat pa destyds in ‘n naweek aan mekaar getimmer het, staan hulle…. ingelegde perskes vir die kerk basaar. my mond begin water… die soet oranje hemelse vrugte wink vir my. ek proe al hoe die byna naarmaak soet my hele mond vul. nou moet ek my plan uitvoer. eers een, dan twee kratte op die riempies stoel balanseer… ek klouter soos ‘n berg bokkie tot bo…wiebel, wankel… wag ek strek met alles in my… my vingerpunte raak net byna die deksel van die naaste fles. ek krap dit nader. skielik hoor ek wat ek meeste gevrees het. ma se kar rol oor die klippies by die agterdeur. sy het iets vergeet.  ek moet besluit. rek nog een laaste keer of probeer afklim en weg hardloop. ek rek, en gryp, en val. flesse oranje stroop en vrugte daal op my neer soos reen. ek spring links en regs. glas skerwe spat oral. maar by die deur sien ek my prys. ek besef dat hier groot moeilikheid kom, maar daar le een potjie wat nie gebreek het nie. straf sal ek gestraf word, maar dit sal wees met die heerlikste smaak van taai geel perske in my mond.

 jy wou nog altyd daai lieflike perske-reuk dwarsdeur die jaar in jou huis hê, reg? maar ai, jy kry perskes net in die somer! nope, nie meer nie!  die geur van ons ingelegde perskes ruik kompleet soos lieflike ingelegde perskes en jy kan dit nou die hele jaar ruik van jy na die somer verlang

produk informasie

hierdie geur is ideal vir liefhebbers van vars geure - dit ruik kompleet soos die vars lug van die see. absoluut perfek as geskenkie vir iemand wat 'n huisie by die see het, of net bloot 'n sagte plekkie in hul hart koester vir die prag van die kus.

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure 

• met trots handgemaak in bloemfontein

• was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak

shipping & returns

all our local orders are shipped door to door with the courier guy.

our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier. 

get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa. 

Care Instructions