Skip to content

Afrikaanse Kers | Waatlemoen by die Swembad

R 499.00

Tax calculated at checkout. Shipping calculated at checkout.

Only 3 left at this price

In stock

Description

Afrikaanse Kers (waatlemoen by die swembad).

Die son bak my krul hare soos kastaiings op die vuur. Dis spitsverkeer en nog minstens 5 kilometer huis toe. Hoekom, in hemelsnaam het ek gesê ek sal agter op die bakkie sit. My sussie en broers sit almal voor langs pa ingeprop met die aircon aan. My lippe is kurk droog. Ek weet ek het reeds die rooi skynsel van ‘n weskus kreef. Hoe gaan ek dit uithou? Aggenee… voor in die pad word alle karrre gestop. Dis ‘n “stop en go”. Ek klop aan die venster… ”ek wil binne sit!” roep ek, maar my broer steek net sy tong uit en draai die radio se volume knop harder.

Ek gaan lê plat op my rug. Die metaal van die bakkie brand my. Ek besluit om bo-op die sakke hout te sit. Ouch, splinters!

Na wat voel soos ure is ons uiteindelik by die huis. Ek spring af en hol direk swembad toe. Ma is besig met iets, sy staan met haar rug na my. Ek trek my skoene uit en maak ‘n bom in die swembad. Ek voel hoe my klere die yskoue water opsuig. Een, twee, drie bomme, en die res van die gepeupel wat voor gesit het is in die water. Ek vang iets pienk uit die hoek van my oog. Ek glo dit nie…ma is my hero! Reuse skywe pienk, sappige waatlemoen le en knipoog na my.


Produk Informasie

Hierdie geur is ideal vir liefhebbers van baie vars, vrugtige geure.

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• Brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure

• Handgemaakte sojawaakers, met trots vervaardig in Suid-Afrika

• Was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

Trots Suid-Afrikaans | Handgemaak | 100% Sojawas | Klein Hoeveelhede | Eienaar Bedryf | Handgemerk en Verpak

Your cart (0)

Your cart is empty

Nothing here yet. Browse the shop and add something you love.

Browse the shop
Subtotal R 0.00

Tax and shipping calculated at checkout.

Loading…