Skip to product information
1 of 4

Brink of Touch Candle Company

afrikaanse kers | melkskommel

Regular price R 499.00 ZAR
Regular price Sale price R 499.00 ZAR
Sale Sold out
afrikaanse kers (melkskommel).
die week was goor. die een toets na die ander, twee keer my afrikaanse handboek by die huis vergeet en ek kon dit nie reg kry om my gunsteling liedjie te tape sonder dat die dj se stem dit onderbreek nie. ek lê poegaai op my bed en tel al die plekkies op die muur waar daar stukkies wondergom vassit. ma roep iets. ek het nie krag om te luister nie . iemand klop aan my deur. “is jy lus om spur toe te gaan vir aandete?” 20 minute later sit ek en my drie sussies op een leer bank in ‘n ry met reuse hout spyskaarte. “ma, kan ek ‘n raspberry milkshake kry? “ “extra dik?” almal behalwe my klein sussie knik gretig en bestel dieselfde. die kelner wag geduldig vir haar om te sê wat sy wil hê. ek begin skop in die rigting van haar maer merrie…”bestel net iets “, fluister ek deur geknersde tande. ek proe die dik roomys, grawe in my gedagtes al die laaste sjokolade sous uit met die lang silwer lepel. na wat voel soos ure piep sy uiteindelik met ‘n groot treiter glimlag “mamma my maag pyn'.

 

hierdie geur is ideaal vir liefhebbers van raspberry en vanilla


produk informasie

hierdie geur is ideal vir liefhebbers van vars geure - dit ruik kompleet soos die vars lug van die see. absoluut perfek as geskenkie vir iemand wat 'n huisie by die see het, of net bloot 'n sagte plekkie in hul hart koester vir die prag van die kus.

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure 

• met trots handgemaak in bloemfontein

• was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak


shipping & returns

all our local orders are shipped door to door with the courier guy.

our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier. 

get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa. 

Care Instructions