Skip to content

Afrikaanse Kers | Melkskommel

R 499.00

Tax calculated at checkout. Shipping calculated at checkout.

Only 5 left at this price

In stock

Description
Afrikaanse Kers (melkskommel).

Die week was goor. Die een toets na die ander, twee keer my afrikaanse handboek by die huis vergeet en ek kon dit nie regkry om my gunsteling liedjie te tape sonder dat die dj se stem dit onderbreek nie. Ek lê poegaai op my bed en tel al die plekkies op die muur waar daar stukkies wondergom vassit. Ma roep iets. Ek het nie krag om te luister nie . Iemand klop aan my deur. “is jy lus om spur toe te gaan vir aandete?” 20 minute later sit ek en my drie sussies op een leerbank in ‘n ry met reuse hout spyskaarte. “ma, kan ek ‘n raspberry milkshake kry? “ “extra dik?” almal behalwe my klein sussie knik gretig en bestel dieselfde. Die kelner wag geduldig vir haar om te sê wat sy wil hê. Ek begin skop in die rigting van haar maer merrie…”bestel net iets “, fluister ek deur geknersde tande. Ek proe die dik roomys, grawe in my gedagtes al die laaste sjokolade sous uit met die lang silwer lepel. Na wat voel soos ure piep sy uiteindelik met ‘n groot treiter glimlag “mamma my maag pyn".

Produk Informasie

Hierdie geur is ideal vir liefhebbers van soeter vanilla en bessie geure - dit ruik kompleet soos daardie ekstra dik framboos melkskommel van die spur en wimpy!

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• Brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure

• Handgemaakte sojawaakers, met trots vervaardig in Suid-Afrika

• Was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

Trots Suid-Afrikaans | Handgemaak | 100% Sojawas | Klein Hoeveelhede | Eienaar Bedryf | Handgemerk en Verpak


Your cart (0)

Your cart is empty

Nothing here yet. Browse the shop and add something you love.

Browse the shop
Subtotal R 0.00

Tax and shipping calculated at checkout.

Loading…