Skip to product information
1 of 9

Brink of Touch Candle Company

afrikaanse mist | waatlemoen by die swembad

Regular price R 289.00 ZAR
Regular price Sale price R 289.00 ZAR
Sale Sold out

die son bak my krul hare soos kastaiings op die vuur. dis spitsverkeer en nog minstens 5 kilometer huis toe. hoekom, in hemelsnaam het ek gesê ek sal agter op die bakkie sit. my sussie en broers sit almal voor langs pa ingeprop met die aircon aan. my lippe is kurk droog. ek weet ek het reeds die rooi skynsel van ‘n weskus kreef. hoe gaan ek dit uithou? aggenee… voor in die pad word alle karrre gestop. dis ‘n “stop en go”. ek klop aan die venster… ”ek wil binne sit!” roep ek, maar my broer steek net sy tong uit en draai die radio se volume knop harder.

ek gaan lê plat op my rug. die metaal van die bakkie brand my. ek besluit om bo-op die sakke hout te sit. ouch, splinters!

na wat voel soos ure is ons uiteindelik by die huis. ek spring af en hol direk swembad toe. ma is besig met iets, sy staan met haar rug na my. ek trek my skoene uit en maak ‘n bom in die swembad. ek voel hoe my klere die yskoue water opsuig. een, twee, drie bomme, en die res van die gepeupel wat voor gesit het is in die water. ek vang iets pienk uit die hoek van my oog. ek glo dit nie…ma is my hero! reuse skywe pienk, sappige waatlemoen le en knipoog na my.

produk informasie

• 110ml gegeurde olie in wit "frosted" glas houer met 'n silver doppie.  

• sproei enige plek - badkamer, leefarea, jou lyf, jou linne...jou verbeelding is jou enigste beperking

• met trots handgemaak in bloemfontein

trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak

shipping & returns

all our local orders are shipped door to door with the courier guy.

our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier. 

get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa. 

Care Instructions