Brink of Touch Candle Company
afrikaanse klein kersie | safari
Couldn't load pickup availability
voordat ek nog behoorlik verstand gehad het, was ek op my heel eerste safari. maar nie die tradisionele kruger wildtuin safari of fancy lodges waar jy vlenters gerookte springbok uit 'n eierkeltjie eet en met 'n watersak op jou skoot in die aande en vroeg oggende wild uit die veiligheid van toyota cruiser besigtig nie. nee, my safaris was in die vrystaat, agterop 'n hilux bakkie waar jy vasklou vir jou lewe wanneer die wiele wegsak in 'n erdvarkgat en die yskoue wind sy trane teen jou wange laat afrol. springbokke, rooihartbeeste, blouwildebeeste, kudus, gemsbokke, springbokke, rooikatte, ystervarke, meerkatte, hase en rooijakkalse...DIT was my safari.
hierdie kers is ideaal vir liefhebbers wat hou van 'n skoon, vars reuk
produk informasie
hierdie geur is ideal vir liefhebbers van vars geure - dit ruik kompleet soos die nat, vars lug van die veld. absoluut perfek as geskenkie vir iemand wat lief is vir ons pragtige land se groot verskeidenheid wild!
• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou
• brandtyd - ongeveer 15 hemelse ure
• met trots handgemaak in bloemfontein
• was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik! Ideaal vir die stoor van koekies en lekkergoed
trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak
shipping & returns
shipping & returns
all our local orders are shipped door to door with the courier guy.
our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier.
get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa.
Care Instructions
Care Instructions






