Brink of Touch Candle Company
afrikaanse klein kersie | desember vakansie
Couldn't load pickup availability
desember vakansie is ons suid-afrikaners se dna, net soos braaidag springbok rugby - ons kan eenvoudig nie daarsonder nie. ons werk onsself dood die hele jaar sodat ons vir twee weke die stuk kan neersit see toe. die venter waentjie wat net een keer per jaar gebruik en so vol gelaai dat drie van ons vier dogters op hom moes sit om die metaal armpie om sy lippie te kon haak. dan moet iemand altyd agter staan en seker maak dat al die nodige liggies werk...wat in my leeftyd nooit die geval was nie!
maar almal wat in die 80's en vroeë 90's grootgeword het en lang afstande gery het om by die see uit te kom, sal kan onthou dat padkos GROOT was. daar was nie 'n wimpy of steers langs die pad waar 'n mens kon stop vir 'n koffie en hamburger nie. nope. ma begin al twee dae voor die tyd die roomysbakke wat sy die hele jaar opspaar uitwas, nat lappies word eenkant gesit en lysie gemaak van alles wat gekook en gebraai moet word. op ons spyskaar t was altyd gekookte eiers, boerewors, frikkadelle, hoenderstukkies en kaas toebroodjies. wanneer daardie roomysbakke ingelaai word was ek sommer dadelik honger en konnie wag om aan die ry te kom sodat ons kan stop om te eet nie (ek was as kind baie lief vir eet).
na so drie ure se ry het almal begin uitkyk vir die boompies en die wit sement bankies langs die pad. sodra on stop peul almal by die deure uit, elkeen met 'n roomysbak onder die arm. ek het altyd eerste vir die broodjies gegaan, ek sien nog in my geestesoog hoe my ma dit met baie liefde toedraai in waspapier...ek dink die die liefde eerder as die broodjie wat so soet op my tong geval het.
die pad see toe was lank, en oorslaap was nie deel van die woordeskat nie. ons kinders het na 6 ure op die pad begin om mekaar se hare te trek, te kryp, te terg...enigiets om die tyd om te kry. en dan kom die gebruiklike woorde van voor: "kom ons kyk wie sien eerste die see".
hierdie kersie is ideal vir liefhebbers van vars reuke - dit sal jou herinner aan die sproei van die branders wat laatmiddag teen die rotste baljaar.
shipping & returns
shipping & returns
all our local orders are shipped door to door with the courier guy.
our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier.
get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa.
Care Instructions
Care Instructions




