Skip to product information
1 of 5

Brink of Touch Candle Company

afrikaanse klein kersie | speserykoekies

Regular price R 220.00 ZAR
Regular price Sale price R 220.00 ZAR
Sale Sold out

deesdae eet mense speserykoekies op allerhande interessante maniere: opgebreekte stukkies in malva poeding, in lae gepak tussen lekker dik vanilla vla, uitgepak op versnappering borde saam met kase en koue vleise en ek is seker, as dit van JAN afhang maak hy een of ander michelen ster gereg in die lyn van "deconstructed farm style tiramisu with speserykoekies from the karoo".

maar dis nie hoe ek 'n speserykoekie ken nie.  die soort waarmee ek grootgeword het, het uit 'n volwaardige blou koekblik met wit en geel rose op, gekom.  die koekblik was altyd op die hoogste rak in ouma se spens en mens moes altyd die klein, hout melkstoeltjie nader sleep om die rekkende arms bietjie ekstra lengte te gee.  ouma het geweet as daai blik op die tafel gestaan het sou sy elke tweede dag moes bak!

die groot blik met die derduisende koekies (wel, as kind het dit vir my eintlik soos 'n miljoen koekies gelyk) was altyd 'n groot bederf, want in my ma se huis was die klein wit huletts korreltjies nie baie welkom nie en 'n koekie het nie regtig die binnekant van haar oond gesien nie.  so wanneer ons by ouma gekom het, het ons ingehaal op die suiker tekort!  die koekblik is op die 5de geslag houttafel in die kombuis neergesit, en terwyl ons opgewonde stoele nader gesleep het, het ouma die skinkbord met somende tee nader gebring.  elke koppie het twee teelepels suiker gekry, en die melk was so baie jy moes mooi kyk om te sien of dit tee was.  ek onthou ouma se woorde soos gister "eet hartjie, dit maak nie vet nie"

produk informasie

• 100ml sojawas kersie in "frosted" wit glas houer met 'n silver doppie.  

• brand vir 15 hemelse ure

• met trots handgemaak in bloemfontein

trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak

shipping & returns

all our local orders are shipped door to door with the courier guy.

our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier. 

get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa. 

Care Instructions