Skip to product information
1 of 28

Brink of Touch Candle Company

afrikaanse diffuser | kalahari

Regular price R 529.00 ZAR
Regular price Sale price R 529.00 ZAR
Sale Sold out

toe vriende my nooi om my 50ste verjaarsdag saam met hulle te gaan vier in die kgalagadi nasionale park was my aanvanklike gedagte dat ek eerlikwaar nie weet hoe ek die tyd gaan omkry nie, mens se 50ste is per slot van sake 'n GROOT mylpaal.  ek onthou nog die eerste 5 kilometer nadat ons ingegaan het by die askam hek soos gister...daar was niks.  soos in niks. net vlaktes op vlaktes met rooi sand en hier en daar 'n boom en my moed het half in my skoene gesak. hoe op dees aarde gaan ek die volgende 7 dae omkry.  ek sien beweging in die verte...'n gemsbok...en wag, watse tipe voël is hierdie dan met die pragtige pers en seegroen kleure.  ek sit skielik kiertsregop, hier moet ek nou begin fyn kyk! wat 'n ervaring!  na sewe dae is ek oortuig daar is geen mooier plek op aarde nie, die kalahari PRAAT met jou...sy reuk, sy lewe, sy droogte, sy mense, sy diere, sy plante...dit klou vas aan jou hart soos 'n bosluis op 'n skaap se oor in die suid-vrystaat.  en by my het hy nog nooit skiet gegee nie, klou vas vir sy lewe...en ek laat hom toe!

hierdie reuk is baie uniek, want hy verskuif jou werklik tot in die middel van die bos in die kalahari.

produk informasie

• 200ml gegeurde olie in wit "frosted" glas houer met 'n silver doppie.  elke boksie met 'n diffuser bevat 6 vesel stokkies

• leeftyd is ongeveer 3 - 4 maande

• met trots handgemaak in bloemfontein

• jy kan jou leë bottel weer volmaak met ons gerieflike hervul olies.

trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak

shipping & returns

all our local orders are shipped door to door with the courier guy.

our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier. 

get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa. 

Care Instructions