Skip to product information
1 of 9

Brink of Touch Candle Company

afrikaanse diffuser | die keiser se nuwe klere

Regular price R 529.00 ZAR
Regular price Sale price R 529.00 ZAR
Sale Sold out

die naam van hierdie reuk is geinspireer deur 'n sprokie uit my kinderdae, van 'n keiser wat gek was oor nuwe klere en daarom elke uur van die dag 'n nuwe uitrusting aangetrek het, en amper al sy geld spandeer het om mooi te lyk.  een dag daag twee bedrieërs op en beweer dat hulle die mooiste klere van sy vir die keiser kan weef, boonop met 'n spesiale ontmaskerings eienskap: as iemand dom, onnosel of ongeskik vir sy amp is, sal die klere vir hulle onsigbaar wees. die keiser was onmiddelik oortuig en die twee mans word voorsien van die mooiste sy en goue garing om vir hom bekleedsels te weef.  maar die twee skelms steek alles in hulle sak en maak asof hulle dag en nag druk besig is om te weef.  dood van nuuskierigheid om te sien hoe die klere vorder, gaan loer hy in by die produksie kamer... maar o wee, hy sien niks!  maar dit erken kan hy tog nie, want dan is hy dom en onnosel en nie bevoeg om die keiser te wees nie! uit vrees vir ontbloting sê hy niks! hy laat die klere maak en hou parades in die strate asof hy ten volle geklee is! almal maak asof hulle die klere kan sien, want almal is bang die waarheid oor hulle lewe sal uitkom!  terwyl hy so pronkerig vir die mense waai op die agterkant van sy koets het net 'n klein dogtertjie die waagmoed om te skree "die keiser is kaal"! 

hierdie oulike storie met baie versteekte boodskappe is van spaanse herkoms en gekryf deur hans anderson in die vroee 1200's

hierdie is ideaal vir liefhebbers van die vars linne of vars gewasde wasgoed reuk.

produk informasie

• 200ml gegeurde olie in wit "frosted" glas houer met 'n silver doppie.  elke boksie met 'n diffuser bevat 6 vesel stokkies

• leeftyd is ongeveer 3 - 4 maande

• met trots handgemaak in bloemfontein

• jy kan jou leë bottel weer volmaak met ons gerieflike hervul olies.

trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak

shipping & returns

all our local orders are shipped door to door with the courier guy.

our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier. 

get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa. 

Care Instructions