Skip to product information
1 of 4

Brink of Touch Candle Company

afrikaanse kers | voertsek muskiet

Regular price R 499.00 ZAR
Regular price Sale price R 499.00 ZAR
Sale Sold out
afrikaanse kers (voertsek muskiet).
ek rits vir wat voel soos die 77ste keer die tent toe. elke keer wanneer een van die kinders in die rigting van die ingang loop, snol ek met ‘n stinkspoed nader om die rits sluiter tot op die grond toe te maak. ek klop myself op die skouer toe ek net na 22:00 die aand inkruip in my slaapsak. vanaand slaap ek salig. zzzz…zzzz….die blik emmers het ‘n opening gevind. maar hoe? by my oor. ek klap verwoed. die zzzzzz duur voort maar hierdie keer klink dit gedisorienteerd. hy sit iewers tussen my hare vas. klap, klap, klap…nou suis my ore. onseker of ek hom raakgeslaan het ruk ek die slaapsak tot bo my kop. zzzzz….hy is binne. zzzzz….Hulle is binne. ek hoor twee, nee drie…my suurstof raak minder. ek raak bewus van die hoeveelheid knoffelbrood wat ek geeet het. “Ek vergas julle!” fluister-skree ek! Ek begin te rol, heen en weer. Dan verpletter ek julle as dit nie werk nie. Minute, nee, ure later kruip ek uit die tent vir vars lug. Daar moet iets wees teen hierdie donker wesens…waar is my citronella kersie tog nou!


produk informasie

hierdie geur is ideal vir liefhebbers van vars geure - dit ruik kompleet soos die vars lug van die see. absoluut perfek as geskenkie vir iemand wat 'n huisie by die see het, of net bloot 'n sagte plekkie in hul hart koester vir die prag van die kus.

• 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou

• brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure 

• met trots handgemaak in bloemfontein

• was jou kershouer met warm water en seep vir hergebruik!

trots suid-afrikaans | handgemaak | 100% sojawas | klein hoeveelhede | eienaar bedryf | handgemerk en verpak

shipping & returns

all our local orders are shipped door to door with the courier guy.

our aim is for your orders to be delivered in 3 – 5 working days via our courier. 

get free shipping when you spend R900 or more, otherwise we charge a flat shipping fee of R120 to anywhere in south africa. 

Care Instructions