{"product_id":"afrikaanse-kers-ouma-se-kombuis","title":"Afrikaanse Kers | Ouma se Kombuis","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAfrikaanse Kers (ouma se kombuis)\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMy ouma joey se sponskoek was legendaries! Gebak met regte, op-die-plaas-gekarringde botter, plaas eiers wat nog warm is want hulle is nou net onder die vreeslike verontwaardige hen se opgepofte lyfie uitgehaal, oneindig baie suiker, vanilla spesiaal uit Durban (doerie jare het alles wat grêd was in ouma se huis, uit Durban gekom) en vars meel van die koöperasie op die dorp. En wanneer hierdie konglomerasie van bestanddele warm word en hulle asem by die aga stoof se deure begin uitstoot word ouma se kombuis gevul met 'n vanilla kombersie wat jou lewenslank omvou.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eProduk Informasie\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHierdie geur is geskik vir liefhebbers van vanilla - dit ruik kompleet soos vars gebakte sponskoek en kolwyntjies. Min dinge laat jou so tuis voel soos die reuk van vanilla!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• 300ml sojawas in wit \"frosted\" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• Brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• Handgemaakte sojawaakers, met trots vervaardig in Suid-Afrika\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eTrots Suid-Afrikaans | Handgemaak | 100% Sojawas | Klein Hoeveelhede | Eienaar Bedryf | Handgemerk en Verpak\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Brink of Touch Candle Company","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44465844715777,"sku":null,"price":499.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0640\/6684\/6977\/files\/Afrikaans_Ouma_med_4.jpg?v=1745835038","url":"https:\/\/brinkoftouch.co.za\/products\/afrikaanse-kers-ouma-se-kombuis","provider":"Brink of Touch Candle Company","version":"1.0","type":"link"}