{"product_id":"afrikaanse-kers-limonade","title":"Afrikaanse Kers | Limonade","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAfrikaanse Kers (limonade).\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWanneer jy op 'n plaas in die Vrystaat grootgeword het in die laat 70's sal jy weet dat fieterjasies nie eintlik geseevier het nie! Ons het min keuses gehad soos vandag nie, en moes maar ons eie planne maak (en het ons nie!) om lekker te eet (die naaste groot dorp was after all meer as 200km ver en dit was 'n luuksheid om in 'n motor te klim en so ver te ry). En een van die dinge wat ons sommer self gemaak het was limonade! Koue water, baie suiker en suurlemoensap, met lekker baie ys! Wanneer ek my oe toemaak hoor ek nog hoe klingel die ysblokkies teen die wand van die glas beker! Op 'n warm vrystaatse somersdag is daar min dinge wat die dors les soos tuisgemaakte limonade! Die blote gedagte laat my wange saamtrek!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOns limonade ruik vars en vrugtig, met notas van roosblare, pomelo, suiker en wit blomme\u003c\/p\u003e\n\u003cul\u003e\u003c\/ul\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eProduk Informasie\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• 300ml sojawas in wit \"frosted\" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• Brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• Handgemaakte sojawaakers, met trots vervaardig in Suid-Afrika\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eTrots Suid-Afrikaans | Handgemaak | 100% Sojawas | Klein Hoeveelhede | Eienaar Bedryf | Handgemerk en Verpak\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Brink of Touch Candle Company","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46835253051649,"sku":null,"price":499.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0640\/6684\/6977\/files\/WhatsAppImage2025-10-19at11.32.55_c4066cfe.jpg?v=1760886848","url":"https:\/\/brinkoftouch.co.za\/products\/afrikaanse-kers-limonade","provider":"Brink of Touch Candle Company","version":"1.0","type":"link"}