{"product_id":"afrikaanse-diffuser-ingelegde-perskes","title":"Afrikaanse Diffuser | Ingelegde Perskes","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAfrikaanse Diffuser (ingelegde perskes).\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eEk ken nie iemand wat NIE van 'n ingelegde perske hou nie...miskien is daar verskillende opmerkings oor \"party is te soet\", maar wanneer ek my eie gedagtes wend na daardie ronde, geel, blink lekkerte wat so styf ingedruk sit en loer vir my uit die glasbottel is die enigste woord waaraan ek kan dink OUMA! Haar perskes was altyd ingele in daardie groot consol glasbottels met die skroefdeksels en dit het in sulke lang rye gestaan op die hout rakkies in haar spens. Ek kon as kind nooit by dit uitkom nie, en wanneer ouma vir my op 'n sondagmiddag na die geroosterde boudvleis stewig in die maag le, vra om die bottel lekkerte vir ons te gaan haal, moes ek altyd die melk stoeltjie nadersleep om te kan bykom, Teen die tyd wat ek by die etenstafel kom was almal reeds aan die baklei oor wie die velletjie op die vla gaan kry, maar vir my was daardie skoon, soet byt deur die sagte lekkerte 'n ingelegde hemel op sy eie!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eProduk Informasie\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHierdie geur is ideal vir liefhebbers van vars tot soeter reuke. Dit ruik waarlik net soos ingelegde perskes was besig is om saam met vanilla koek in die oond te stoei vir die eerste plek op die podium van lekkerste geure in die kombuis!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• 200ml gegeurde olie in wit \"frosted\" glas houer met 'n silver doppie. Elke boksie met 'n diffuser bevat 6 vesel stokkies\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• Leeftyd is ongeveer 3 - 4 maande\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• Handgemaakte reed diffuser, met trots vervaardig in Suid-Afrika\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e• Jy kan jou leë bottel weer volmaak met ons gerieflike hervul olies.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eTrots Suid-Afrikaans | Handgemaak | 100% Sojawas | Klein Hoeveelhede | Eienaar Bedryf | Handgemerk en Verpak\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Brink of Touch Candle Company","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46835228475649,"sku":null,"price":529.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0640\/6684\/6977\/files\/WhatsAppImage2025-10-19at11.34.54_5f1c606c.jpg?v=1760886064","url":"https:\/\/brinkoftouch.co.za\/products\/afrikaanse-diffuser-ingelegde-perskes","provider":"Brink of Touch Candle Company","version":"1.0","type":"link"}